Archive for Junie 23rd, 2008

Halloooooooooooooo!

F@k , eintlik voel ek nie so vrolik nie, ek het lae bloeddruk (behalwe as ek aan my seun by die huis dink en weet hoe gaan dit lyk as ek van die werk af kom!!!) my oge willie lekka focus nie en my kop bly seer. Ek dink ek word nou oud of dis dalk net piep….

Francois het opgestaan in een van sy buie en ek was vir die eerste keer bly toe hy kleuterskool toe is.. Sies, ek het sommer skuldig gevoel daaroor, maar wraggies, ek het net nie krag gehad vir ‘n geskreeu in my ore vanoggend nie. Snaaks hoe mens kan lief bly vir iemand wat jou so freakin kwaad kan maak!!!!

Genoeg daarvan. Ek hoor volgende Maandag of ek nou permanent aangestel gaan word of nie! My senuwees is klaar! Dalk is dit waar die skielike hoofpyne en skete vandaan kom… Dis weer tyd om op my besem te klim en net te vlieg. Droom ek mos nou gisteraand Anton het iemand anders, ek moet vir hom ‘n kas bier gaan koop en ek kuier by kindertjies wat verstandelik gestrem is…. wat de f@k? As iemand kan drome uitlê, asseblief!!!! Ek sal like om te weet wat dit beteken.

So gepraat van kindertjies, ek het vir Marlenetjie ‘n grafsteen laat opsit by my pa se graf hier in Lydenburg, nie ‘n grafsteen nie, net so mooi tëel… Sy is in Witbank begrawe en kanse dat ek ooit daar gaan kom is so skraal en dan ook die feit dat dit so gevaarlik is daar. Is dit verkeerd? Ek twyfel nou of dit die regte ding was om te doen…. Oh well, gedane sake….

Ek gaan groet, eks biki besig vandag en ja, my kop is steeds seer!!!!

Toodles!!!

Hexi

2 comments Junie 23, 2008


Calendar

Junie 2008
M T W T F S S
    Jul »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
30  

Posts by Month

Posts by Category