Is dit Jesus of my onderbewussyn?

Julie 29, 2008

My hart is bitterlik seer vandag… Gisteraand het ek gedroom van Marlenetjie Dit was baie eg en ek het myself wakker gehuil. Die ergste van alles is, dit was wreed en ek voel half kwaad vir Jesus want ek mis haar so baie, elke dag!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! en dan droom ek sulke goed. Dis net vir my onregverdig en ek weet dit gaan my weer weke vat om reg te kom. Ek voel depro en hartseer en alles voel net weer te veel vir my. Ek weet ek is nie die eerste vrou wat ‘n kind verloor het nie en defnitief ook nie die laaste nie, maar dit maak nie die gemis erger nie en dit regverdig beslis nie so ‘n droom nie!!!!!

Ek is by Marlene se begrafnis en ek haal haar uit die kis. Sy lyk so mooi met die blonde haartjies wat krul op die punte. Sy maak haar ogies oop asof sy geslaap het en glimlag vir my.  Ek sit haar neer op die grond en sy begin kruip en lag. Wanneer ek haar roep, kyk sy vir my en kom aangekruip.

My suster sit by my en ek vra haar of sy dink Marlenetjie gaan dalk breinskade hê omdat sy dood was vir so lang ruk? Sy het my aangekyk asof ek ‘n klap van die windmeul weg het en op die lelikste manier denkbaar vir my geskreeu:” Maak oop jou f@kken oë, jou kind is dood!”

My hart wil breek en ek weet nie hoe om regtig te sê hoe ek voel nie. Dis net bitter, bitter seer….

Entry Filed under: My lewe. .

5 Comments Add your own

  • 1. Dellie  |  Julie 29, 2008 at 1:50 nm

    Ag Hexi, dit moet baie moeilik wees. My hart gaan uit na jou toe! ((Hexi))

  • 2. oopkop  |  Julie 30, 2008 at 1:47 nm

    Ek wens ek het geweet hoe om dit vir jou beter te maak. Jy moet rerig ‘n mail stuur of iets as jy wil praat. Ek sal luister.

    Ek hoop jy voel gou beter en ek weet niks wat ons sê kan dit wat gebeur het regmaak nie. Dis normaal om vir God te wil kwaad wees.

    Ek dink aan jou.

  • 3. Wipneus!  |  Julie 30, 2008 at 4:17 nm

    Ag ((((Hexi)))) dis so hartseer.

    Bly jy ver van my? Dan kon ons gaan koffie drink!

  • 4. Roer  |  Julie 31, 2008 at 5:16 vm

    (((H))) Wie sal jou kan kwalik neem as jy bietjie depro voel? Hopelik skyn die son weer môre. Hou moed. Eendag sien julle haar weer. Sterkte.

  • 5. Tersia  |  Augustus 27, 2008 at 12:37 nm

    En nou huil ek ook! Sommer ook oor my sus wat ek in Feb op 40 verloor het!

Leave a Comment

hidden

Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Calendar

Julie 2008
M T W T F S S
« Jun   Aug »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

Most Recent Posts