Posts filed under 'My lewe'

Is dit Jesus of my onderbewussyn?

My hart is bitterlik seer vandag… Gisteraand het ek gedroom van Marlenetjie Dit was baie eg en ek het myself wakker gehuil. Die ergste van alles is, dit was wreed en ek voel half kwaad vir Jesus want ek mis haar so baie, elke dag!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! en dan droom ek sulke goed. Dis net vir my onregverdig en ek weet dit gaan my weer weke vat om reg te kom. Ek voel depro en hartseer en alles voel net weer te veel vir my. Ek weet ek is nie die eerste vrou wat ‘n kind verloor het nie en defnitief ook nie die laaste nie, maar dit maak nie die gemis erger nie en dit regverdig beslis nie so ‘n droom nie!!!!!

Ek is by Marlene se begrafnis en ek haal haar uit die kis. Sy lyk so mooi met die blonde haartjies wat krul op die punte. Sy maak haar ogies oop asof sy geslaap het en glimlag vir my.  Ek sit haar neer op die grond en sy begin kruip en lag. Wanneer ek haar roep, kyk sy vir my en kom aangekruip.

My suster sit by my en ek vra haar of sy dink Marlenetjie gaan dalk breinskade hê omdat sy dood was vir so lang ruk? Sy het my aangekyk asof ek ‘n klap van die windmeul weg het en op die lelikste manier denkbaar vir my geskreeu:” Maak oop jou f@kken oë, jou kind is dood!”

My hart wil breek en ek weet nie hoe om regtig te sê hoe ek voel nie. Dis net bitter, bitter seer….

5 comments Julie 29, 2008

Ek’s soooooooo besig!!!!!!

Sorry julle maar ek is sooooo besig ek kry nie eers kans om my spoeg te sluk of my neus te blaas nie! My tafel is al nat gekwyl…. Chat later weer!

3 comments Julie 10, 2008

WêLA KAPêLA!!!!!!!!!!!!

ANTON HET VIR MY ‘N NUWE WASMASJIEN EN YSKAS GEKOOP!!!!!!!!!!! Ek kan nie wag om te gaan wasgoed was nie…. LOL.  Soos ‘n kind sê ek jou, soos ‘n kind….

Bring julle washing, ek gaan groot vannaand!

;)

7 comments Julie 3, 2008

Halloooooooooooooo!

F@k , eintlik voel ek nie so vrolik nie, ek het lae bloeddruk (behalwe as ek aan my seun by die huis dink en weet hoe gaan dit lyk as ek van die werk af kom!!!) my oge willie lekka focus nie en my kop bly seer. Ek dink ek word nou oud of dis dalk net piep….

Francois het opgestaan in een van sy buie en ek was vir die eerste keer bly toe hy kleuterskool toe is.. Sies, ek het sommer skuldig gevoel daaroor, maar wraggies, ek het net nie krag gehad vir ‘n geskreeu in my ore vanoggend nie. Snaaks hoe mens kan lief bly vir iemand wat jou so freakin kwaad kan maak!!!!

Genoeg daarvan. Ek hoor volgende Maandag of ek nou permanent aangestel gaan word of nie! My senuwees is klaar! Dalk is dit waar die skielike hoofpyne en skete vandaan kom… Dis weer tyd om op my besem te klim en net te vlieg. Droom ek mos nou gisteraand Anton het iemand anders, ek moet vir hom ‘n kas bier gaan koop en ek kuier by kindertjies wat verstandelik gestrem is…. wat de f@k? As iemand kan drome uitlê, asseblief!!!! Ek sal like om te weet wat dit beteken.

So gepraat van kindertjies, ek het vir Marlenetjie ‘n grafsteen laat opsit by my pa se graf hier in Lydenburg, nie ‘n grafsteen nie, net so mooi tëel… Sy is in Witbank begrawe en kanse dat ek ooit daar gaan kom is so skraal en dan ook die feit dat dit so gevaarlik is daar. Is dit verkeerd? Ek twyfel nou of dit die regte ding was om te doen…. Oh well, gedane sake….

Ek gaan groet, eks biki besig vandag en ja, my kop is steeds seer!!!!

Toodles!!!

Hexi

2 comments Junie 23, 2008

Ek is terug!!!!

Halloooooooooooooooooooooooo! Dis ek Hexi, maar nou is ek matewis want ek kan nie weer op my ou blog aangaan nie, of ek is net stupid.

Jiggie julle, hoe gaan dit met julle? Alles is nou so bedrywig in my ou eens saai lewe dat ek net moet keer!

Francois is al 14 mnde oud en loop die wêreld vol! Renier is in daai aaklige tiener fase waaruit ek hom net wil #@$%# en dan het ek ‘n nuwe man in my ou lewe!

Ek gaan eers kyk hoeveel van my ou maters lees my blog voor ek verder gaan vertel! BB, Platter, Roer, Boendoe? Ek het so na julle verlang!

Lekka daggie en my blog se voorkoms is nog nie finaal nie, “hell no!” maar vandag eers begin.

Chat later weer!

HEXI

9 comments Junie 19, 2008


Calendar

November 2009
M T W T F S S
« Aug    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
30  

Posts by Month

Posts by Category