Posts filed under 'Uncategorized'
My hart se punt(e)….
Dis nou Francois op 14maande en Bula (Renier) op 14 en ‘n halwe jaar. Hulle word net mooier en mooier by die dag…. Sal julle op hoogte hou!
7 comments Augustus 5, 2008
Is jy ‘n boelie?
Vandag is ek redelik broos. Ek werk op ‘n nuwe plek en vandag hoor ek mos nou of ek bly of gly. Aan die een kant hoop ek dis positief dat ek kan bly, maar aan die anderkant wil ek net waai. Dis nie die werk self nie, want ek is nie dommer as grond nie, maar ‘n sekere vroumens wat saam my werk. Kyk, ek is nie ‘n “fighter” nie, en ek moet erken ek’s ‘n maklike teiken vir iemand om op te trap…
Van dag een af, krap sy nou vir my. Sy is nou eers twee maande hier maar gaan aan of sy die baas is. Ek moet haar “filing” doen en goed soek wat sy nodig het… huh? Ek het dit so rukkie gevreet en op een lieflike Maandag oggend haar net saggies aangevat en verduidelik dat ek saam met haar werk en nie vir haar nie. Dit het goed gegaan vir ‘n week of twee en skielik is sy weer haar ou gewone biatch…. Dis nie hieroor of daaroor nie, maar ek kan mos nie so werk nie. Damn man, ek is nou al te oud om rond te neuk wat werk aanbetref en soek nou ‘n werksplek waar ek gelukkig kan wees maak nie saak wat die salaris is nie.
Ek wens sulke mense wil besef hoe ongemaklik hulle die lewe vir ander maak. Ek tjank in die oggende voor werk, maar ek weet ek moet werk want ek het kinders om voor te sorg!!! Miskien moet ek maar my bekkie rek en “come hell or high water” die gevolge dra. Dis net nie vir my lekker om in onmin saam met iemand te werk of leef nie en mens is die meeste van die tyd by die werk!
Sy sit reg oorkant my en terwyl ek van haar skinder loer ek vir haar, en voel skuldig omdat my voete vuisies maak van lekkerte dat ek van haar skinder! Aai ek is pateties!!!
Nou ja ek sal maar vannaand gaan bid oor die saak en miskien sal Jesus haar sommer oornag uitsort!
Aai.
4 comments Junie 30, 2008
Damn dis moeilik by die nuwe werk om gou te kom skinder!
Ek het toe uiteindelik ‘n nuwe werk (dankie Vader!) en werk baie lekka, eks net freakin besig, maar dis so lekka om op ‘n Vrydag huistoe te gaan en ek hoef nie te worry dat ek Maandag in die marakas gaan wees oor iets wat nie gedoen is nie!!!! Ek werk by Finance en dis nie regtig my lyn nie maar so leer ek al weer iets nuuts!
Ek het ‘n oulike mannetjie ontmoet en dit lyk of hy omgee maar ek trust mos nie daai spesie so lekka nie, veral nie na die Bennie episode nie! Sy naam is Anton, donker hare, mooierige ou lyfie (bene 2 die 4!!!!) en hy hou van lag en natuurlik my kinders wat op hul beurt ook mal is oor hom. Gelukkig is ek nie haastig nie en het ek myself eers gesond gekry voor ek weer ‘n verhouding begin het…. wel ek word vinnig gesond, wat kan ek sê…… LOL!!!!!!! Hy is nie bang vir werk nie en dit mag dalk inmeng in ons vry-tyd, maar tog is ek bly hy lê nie op my nek of by die huis nie! (meer…)
2 comments Junie 20, 2008

