Is jy ‘n boelie?

Junie 30, 2008 at 11:10 vm 4 Kommentaar

Vandag is ek redelik broos. Ek werk op ‘n nuwe plek en vandag hoor ek mos nou of ek bly of gly. Aan die een kant hoop ek dis positief dat ek kan bly, maar aan die anderkant wil ek net waai. Dis nie die werk self nie, want ek is nie dommer as grond nie, maar ‘n sekere vroumens wat saam my werk. Kyk, ek is nie ‘n “fighter” nie, en ek moet erken ek’s ‘n maklike teiken vir iemand om op te trap…

Van dag een af, krap sy nou vir my. Sy is nou eers twee maande hier maar gaan aan of sy die baas is. Ek moet haar “filing” doen en goed soek wat sy nodig het… huh? Ek het dit so rukkie gevreet en op een lieflike Maandag oggend haar net saggies aangevat en verduidelik dat ek saam met haar werk en nie vir haar nie. Dit het goed gegaan vir ‘n week of twee en skielik is sy weer haar ou gewone biatch…. Dis nie hieroor of daaroor nie, maar ek kan mos nie so werk nie. Damn man, ek is nou al te oud om rond te neuk wat werk aanbetref en soek nou ‘n werksplek waar ek gelukkig kan wees maak nie saak wat die salaris is nie.

Ek wens sulke mense wil besef hoe ongemaklik hulle die lewe vir ander maak. Ek tjank in die oggende voor werk, maar ek weet ek moet werk want ek het kinders om voor te sorg!!! Miskien moet ek maar my bekkie rek en “come hell or high water” die gevolge dra. Dis net nie vir my lekker om in onmin saam met iemand te werk of leef nie en mens is die meeste van die tyd by die werk!

Sy sit reg oorkant my en terwyl ek van haar skinder loer ek vir haar, en voel skuldig omdat my voete vuisies maak van lekkerte dat ek van haar skinder! Aai ek is pateties!!!

Nou ja ek sal maar vannaand gaan bid oor die saak en miskien sal Jesus haar sommer oornag uitsort!

Aai.

Entry filed under: Uncategorized.

WêLA KAPêLA!!!!!!!!!!!!

4 Kommentaar Add your own

  • 1. Wipneus!  |  Julie 1, 2008 om 1:31 nm

    Dis sleg om saam met boelies te werk!!! Hulle maak mens se lewe sleg!! 👿

    Antwoord
  • 2. boendoe  |  Julie 1, 2008 om 10:52 nm

    Ek lag vir daai voetjies wat vuisies is! 😆

    Antwoord
  • 3. Estia  |  Julie 2, 2008 om 1:43 nm

    Hi,

    Ek weet nie hoekom nie maar ek los comments maar sien nie dat dit verskyn nie. Weet jy hoekom? Hoor graag van jou.

    Estia

    Antwoord
  • 4. BB  |  Julie 7, 2008 om 7:24 vm

    Skat, soms is mense (girls) ‘biatches’ omdat hulle die een of ander onverwerkte issue het. EK het al ervaar dat mens ‘n bitch nogal reghelp met deernis en kindness. Ek bedoel nie gatkruip nie!! Sit the girl down en vra haar waar is haar eina. Sê vir haar jy’t nou al in die lewe ervaar dat mense wat ‘boelie’ seerkry of kwaad is vir die lewe en jy weet nie wat binne-in haar aangaan nie, maar jy kan nie die target wees daarvan nie. Vra haar een oggend of jy vir haar kan koffie maak of nooi haar vir lunchtime virre cappuccino. Práát! Sê vir haar jy hou nie van onmin nie – ons het almal genoeg stres in die lewe – sê vir haar jy weet jy kan nie haar probleme of haar seer solve nie, maar dat jy beslis nie daartoe wil bydra nie en ook genoeg het van jou eie dat jy nie nog ‘n ekstra las op jou skouers wil dra nie. Sê vir haar vir wil graag uitsien na werk en dat dit tans nie die geval is nie.
    En dis goed dat jy wil bid daaroor (jy weet ek glo vas dit werk 😉 – moet ook nie daardie voetjies vuiste maak nie – lig jou hand in haar rigting en bless haar eerder. She might really really need it?
    Liefies xx

    Antwoord

Lewer kommentaar

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Kalender

Junie 2008
M D W T V S S
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
30  

Most Recent Posts