Junie 20, 2008 at 11:17 vm 2 Kommentaar

Damn dis moeilik by die nuwe werk om gou te kom skinder!

Ek het toe uiteindelik ‘n nuwe werk (dankie Vader!) en werk baie lekka, eks net freakin besig, maar dis so lekka om op ‘n Vrydag huistoe te gaan en ek hoef nie te worry dat ek Maandag in die marakas gaan wees oor iets wat nie gedoen is nie!!!! Ek werk by Finance en dis nie regtig my lyn nie maar so leer ek al weer iets nuuts!

Ek het ‘n oulike mannetjie ontmoet en dit lyk of hy omgee maar ek trust mos nie daai spesie so lekka nie, veral nie na die Bennie episode nie! Sy naam is Anton, donker hare, mooierige ou lyfie  (bene 2 die 4!!!!) en hy hou van lag en natuurlik my kinders wat op hul beurt ook mal is oor hom. Gelukkig is ek nie haastig nie en het ek myself eers gesond gekry voor ek weer ‘n verhouding begin het…. wel ek word vinnig gesond, wat kan ek sê…… LOL!!!!!!! Hy is nie bang vir werk nie en dit mag dalk inmeng in ons vry-tyd, maar tog is ek bly hy lê nie op my nek of by die huis nie! LOL!!!!!!!!

Ek sal later van tyd foto’s opsit maar my tyd om te blog is redelik beperk. 

Wens julle kon Francois sien loop!!!!! Berge hy lyk soos ‘n klein penguin’tjie!!!!! Hy praat ‘n ding oop en ek is seker hy gaan ‘n motivational speaker word of die volgende president…. Sy haartjies is steeds blond met die mooiste blou ogies en die kleinste roosbekkie – wat baie lawaai kan maak!!!

Nee die lewe is weer reg, ek weet nie vir hoe lank nie, maar “all is well” in Blommeland….

Entry filed under: Uncategorized.

Ek is terug!!!!

2 Kommentaar Add your own

  • 1. Roer  |  Junie 20, 2008 om 11:40 vm

    Oe la la! Love is in the air… ♪ 😉

    Antwoord
  • 2. boendoe  |  Junie 23, 2008 om 11:05 vm

    Ek is rerig bly dit klink of dit weer goed gaan. Maar moenie so suinig wees met al die nuus nie!

    Antwoord

Lewer kommentaar

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Kalender

Junie 2008
M D W T V S S
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
30  

Most Recent Posts