Archive for Junie 30, 2008

Is jy ‘n boelie?

Vandag is ek redelik broos. Ek werk op ‘n nuwe plek en vandag hoor ek mos nou of ek bly of gly. Aan die een kant hoop ek dis positief dat ek kan bly, maar aan die anderkant wil ek net waai. Dis nie die werk self nie, want ek is nie dommer as grond nie, maar ‘n sekere vroumens wat saam my werk. Kyk, ek is nie ‘n “fighter” nie, en ek moet erken ek’s ‘n maklike teiken vir iemand om op te trap…

Van dag een af, krap sy nou vir my. Sy is nou eers twee maande hier maar gaan aan of sy die baas is. Ek moet haar “filing” doen en goed soek wat sy nodig het… huh? Ek het dit so rukkie gevreet en op een lieflike Maandag oggend haar net saggies aangevat en verduidelik dat ek saam met haar werk en nie vir haar nie. Dit het goed gegaan vir ‘n week of twee en skielik is sy weer haar ou gewone biatch…. Dis nie hieroor of daaroor nie, maar ek kan mos nie so werk nie. Damn man, ek is nou al te oud om rond te neuk wat werk aanbetref en soek nou ‘n werksplek waar ek gelukkig kan wees maak nie saak wat die salaris is nie.

Ek wens sulke mense wil besef hoe ongemaklik hulle die lewe vir ander maak. Ek tjank in die oggende voor werk, maar ek weet ek moet werk want ek het kinders om voor te sorg!!! Miskien moet ek maar my bekkie rek en “come hell or high water” die gevolge dra. Dis net nie vir my lekker om in onmin saam met iemand te werk of leef nie en mens is die meeste van die tyd by die werk!

Sy sit reg oorkant my en terwyl ek van haar skinder loer ek vir haar, en voel skuldig omdat my voete vuisies maak van lekkerte dat ek van haar skinder! Aai ek is pateties!!!

Nou ja ek sal maar vannaand gaan bid oor die saak en miskien sal Jesus haar sommer oornag uitsort!

Aai.

Junie 30, 2008 at 11:10 vm 4 Kommentaar


Kalender

Junie 2008
M D W T V S S
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
30  

Posts by Month

Posts by Category